HOME      TOER: Voetspore Van Eugène Marais      Contact Us

Voetspore van Eugène Marais

Toer saam vir meer insig oor die lewe en werk van hierdie merkwaardige man

Die toer begin in die Paarl by die plek waar hy skoolgegaan het, en dan na die Waterberg, Naboomspruit, Pretoria, Bronkhorstspruit, Heidelberg, Pelindaba en eindig in Kaapstad

6 dae / 5 nagte begeleide toer
met Heini Kotzé as toerleier

Reis stadig - Ervaar meer - Vir insigtelike plekervarings

Toernommer KF6DEM: 25 Mei tot 30 Mei 2011


Dag 1: Woensdag 25 Mei. Zomerlust Gastehuis BB

Gaste word opgelaai by Kaapstad Internasionaal of wonings naby Paarl of arriveer by Zomerlust Gastehuis waar die toer begin en eindig. Teen 16:00 namiddag ontvang ons ons gaste hier waar almal gemaklik gehuisves word in die historiese sentrum van die Paarl. Privaat voertuie kan hier gratis en veilig geparkeer word tot na die toer. Vervoer van Kaapstad Internasionaal na Zomerlust Gastehuis is by die toerprys ingesluit.

Die First Class Public School waar Eugène van 1884 tot 1887 skoolgegaan het, is op die terrein van Zomerlust Gastehuis. Die skoolgebou sal opgeknap word as die tuiste van die Eugène Marais Stigting.

Ons toerleier, Heini Kotzé, die voorsiener van die konsep van die Stigting, neem u op besoek aan die terrein en skets die ontwikkelingsplanne vorentoe.

Tydens aandete geniet ons plaaslike kontreikos terwyl ons gids, Hendrien Liebenberg, die reisplan bespreek. Aandete is by 'n restourant met kontrei spyskaart waar u vir eie rekening eet.

Die skooltjie (First Class Public School) in die Paarl waar Marais tot 1887 skoolgegaan het. Marais het as skoolseun reeds (Engelse) gedigte in die Paarl District Advertiser geplaas, uitgeblink op die debatsvereniging en reeds op 16-jarige ouderdom gematrikuleer. Die feit dat hy op 18 reeds koerantredakteur was spreek dele van die gehalte onderwys in die Paarl.


Dag 2: Donderdag 26 Mei. Paarl, Kaapstad Internasionaal, Lanseria, Die Oog DBB

Na ontbyt word ons vervoer na Kaapstad Internasionaal vir die 10:00-vlug na Lanseria. Ons reis per luukse bus met middagete kospakkie op die bus na Warmbad, dan na Modimolle: Marais borsbeeld, kinderbegraafplaas, ou Landdroskantoor. Daarna volg 'Hessie se Water' en ons ry tot tot op die plato waarna in The Road to Waterberg verwys word.

17h00 Arriveer by Die Oog

19h00 Aandete by Die Oog

"Hessie-se-Water" waar Hessie van Deventer na 'n onderonsie met haar streng man Jossie, haar meer as 10km laat huistoe loop het. Daar aangekom onderneem sy om nooit weer te loop nie. Jare later, na behandeling deur die "wonderdokter" soos Marais in die Waterberg genoem is, kon sy tot almal se uiterste verbasing weer loop.


Dag 3: Vrydag 27 Mei. Dagtoer rondom Die Oog. DBB

Na ontbyt volg ons sirkeltoer olv Mauritz Hansen, afgetrede skoolhoof en kontreikenner.

Vertrek om 8:00

Besoek 'Rietfontein opstal' en Union Tin Mines (sluit Bobbejaanskloof in)
Verken die roete na Kromkloof, Doornhoek, Geelhoutkloof en Zwartkloof. Dit is almal Marais kuier- en jagplekke in die Swaershoekberge.

Ons is om 13:00 terug by Die Oog vir middagete (Eie rekening)

Om 14:30: Filmvertoning 'Die Siel van die Mier'. Hierdie TV reeks speel af in die plekke wat ons vanoggend besoek het. Peet Rossouw, vervaardiger en regisseur van die TV reeks is ons gas

Ontspan en sluit weer aan by die groep vir aandete om 19h00

20h00: Praatjie deur Herman van Niekerk oor sy boek 'Eugène Marais - Nuwe Feite en Nuwe Insigte'.

Die enigste skool in die omgewing is op Kromkloof, 'n klompie kilometers suid-wes van Rietfontein waar die van Heerden familie, later itieme vriende van Marais, gewoon het. Niklaas Van Heerden en sy uitgebreide famlie het huweliksbande met die van Rooyens gehad.


Dag 4: Saterdag 28 Mei. Die Oog, Entabeni, Naboomspruit, Pretoria. BB

Na ontbyt vertrek ons op die roete na Bokpoort, Purekrans en Entabeni Wildreservaat (met Marais museum) en Roerdomp in die Hanglipberge waar Salaz Y Gomes afspeel.

Middagete by Entabeni (Eie rekening)

Ons reis na middagete neem ons na Naboomspruit se Eugène Marais - Laerskool, die stasie en die plaaslike hotel.

Ons arriveer ongeveer 17:00 in Pretoria BB

Aandete vir eie rekening


Dag 5: Sondag 29 Mei. Pretoria, Bronkhorstspruit en Heidelberg (oornag op 'n plaas net buite Heidelberg DBB)

Tydens ontbyt sluit Johan Lodewyk Marais by ons aan vir die Pretoria toer. Hy lig ons in oor sy navorsing omtrent Marais en ons besoek woon- en werkplekke van Marais. Ons besoek Brooklyn, Blackwoodstraat (Preller huis perseel), Univ. van Pretoria (Marais se tikmasjien), die Fonteine, Land & Volk kantoorperseel, Eugène Marais hospitaal (nog 'n borsbeeld) en die Heldeakker waar Marais saam met ander helde rus.

12h00: Middagete in Pretoria (vir eie rekening)

14h00: Vertrek na Bronkhorspruit. Besoek 'Groot Pan' en 'Klein Pan' waar 'Die voëls van Witklip' afspeel. By die skoolgeboutjie lees Heini brokkies voor uit Die Groot Verlange, pp. 330-342.

18h00: Arriveer in Heidelberg, gaan tuis in Gastehuis DBB

20h00: Kyk na die Athol Fugard film, The Guest, wat handel oor Marais se episode op Stenekampskraal.

Stenekampskraal net buite Heidelberg. Marais, aangeraai deur A. G. Visser, het daar gaan woon as deel van 'n onttrekkingskuur. Dit is hier waar die digter se verslawing aan morfien uiting kry in die briljante film "The Guest", waarin die wêreld bekroonde akteur en dramaturg Atholl Fugard die rol van Marais aanneem. Fugard het dié werk as sy mees veeleisendste bestempel.


Dag 6: Maandag 30 Mei. Heidelberg, Pelindaba, Kaapstad

07h00: Ontbyt;

08h00: Toer van Heidelberg. Die A.G.Visser huis, Standard Bank geboue, Heidelberg kloof en Stenekampskraal (die plaas waar Marais onttrekkingskuur moes ondergaan).

10h30: Reis na Pelindaba - Marais se sterfplek

12h30: Johann Lodewyk Marais praatjie op die terrein

13h30: Middagete (Kospakkie) in Pelindaba

14h30: Vanaf Pelindaba na Lanseria. 16h00 vlug na Kaapstad Internasionale lughawe

18h00: Arriveer Kaapstad. Vervoer ingesluit van die lughawe na die Paarl. Indien nodig, bespreek asb u vervoerbehoeftes hiervandaan huis toe met die Kontrei Toere Kantoor

Die rondawels op Pelindaba, waar Marais op die Preller-plaas tuisgegaan het. Die Preller familie het daarop aangedring dat hy hulle vergesel met hulle verhuising vanuit Pretoria. Vandaar het Marais in Maart 1936, eensaam en afgesonder, deur die nat veld gestap na 'n buurman, 'n haelgeweer gelleen en sy eie lewe geneem. Die Raad van Atoomkrag het 'n gedenksteen, hoewel nie op die korrekte ligging nie, daar aangebring.

Duur:

6 dae / 5 nagte

Vertrek en eindig in:

Kaapstad/Paarl

Akkommodasie:

Gastehuise DBB of BB

Vertrekdatum:

Toer nommer KF6DEM: 25 tot 30 Mei 2011

Prys per persoon wat deel (BTW Inkl):

ZAR7750-00 (Maks 20 en minimum 15 passasiers)

Navrae oor hierdie reisplan:

Skakel asb die kantoor vir Hendrien Liebenberg of Niël du Toit by Tel: 0027 21 8711715 of e-pos: ndt@kontrei.co.za

Ingesluit in die toerprys:

Vervoer in 25 sitplek bus met lugsorg en verstelbare sitplekke, eienaar-bestuurder, Geregistreerde gids, 5 nagte akkommodasie met Ontbyt en Aandetes, soos gespesifiseer. Ingesluit portiergeld, toegangsgeld, Heffings, passasiersaanspreeklikheid

Uitgesluit van die toerprys:

Fooitjies vir bestuurders en gidse, wasgoed, alkoholiese drank en koeldrank, middagetes soos aangedui, aandetes word aangedui, persoonlike oproepe en fakse, opsionele ekstras soos aangedui.


© Eugene Marais Kampus 2010 ALL RIGHTS RESERVED